Werkskepping

Volkshulp 2000 se dekgrasprojek, onder leinding van "Die Grashut".
Mnr PG de Jager

Werklose volksgenote word gehuisves by die volkshulptuiste op Kleinfontein. Die doel is dat hulle werk soek in die middellike omgewing. Weens die winterseisoen is werk skaars in die landbousektor.

Dekgras groei welig in die Kleinfonteinomgewing. Die droe gras skep n brandgevaar, maar bied ook werksgeleentheid.

Die gras moet op n bepaalde hoogte afgesny word. Geraldine Simth van "Die Grashut" het aan ons mense die korrekte snymetode kom demonstreer. Daarvolgens word dekgras se onderste skewe lit uitgeskakel en 'n mooi, reguit stingel word geoes.

Die dekgras word baie noukeurig voorberei vir die bougedryf. Hier bind vroue bondels, netjies gelyk afgesny, skoongekam en gereed vir die mark.

Die dekgras moet soos enige ander boumateriaal, soos vloerlyste, deurrame en plafonne, goed vertoon. "Die Grashut" koop al ons dekgras wat aan hulle hoe standaarde voldoen.