Agtergrond

Die Volkshulphand word ook uitgereik na ander volksgerigte organisasies en individue wat op die wyduiteenlopende welsynsveld beweeg of daarmee te make het. Voedsel, kospakkies, klerasie, komberse, skoeisel en ander items en benodigdhede waar behoeftes ervaar word, word op daaglikse basis aan enkelinge en gesinne voorsien. Ons voorsien grootmaatvoedsel aan instansies waaronder outehuise, skole en dies meer. Maatskaplike werkdienste word verleen waar nodig en waar moontlik.
Daar word ongeveer 400 kospakkies per maand uitgedeel terwaarde van R88 000. Klere, beddegoed, gordyne, ens. terwaarde van R70 000 per maand word ook uitgedeel.
Totale waarde van Hulpverlening is ongeveer R158 000 per maand.
Voedsel, klere, komberse, meubels, gordyne en allerlei items word van goedhartige volksgenote ontvang. Daar word streng kontrole gehou oor elke item wat ontvang en uitgedeel word.
Elke hulpsoeker het 'n kaart waarop elke item wat ontvang aangeteken word. Hulpsoekers teken vir elke item wat ontvang is.
Die maatskaplike werkster doen ook huisbesoek om die gesin te evalueer en hulle behoeftes te bepaal.

Projekte

Projek bring-'n-blikkie-of-'n-pakkie
Volksgenote moedig hulle kinders, familie, vriende, verenigings, organisasies en kollegas aan om elkeen ten minste R10 se nie-bederfbare voedsel te koop en aan Volkshulp 2000 te skenk. Hierdie voedsel word dan aan hulpbehoewende volksgenote uitgedeel.

Projek Warmslaap
Vanaf begin April tot einde Augustus word komberse, duvets, slaapsakke ens. gekollekteer en aan hulpbehoewende volksgenote uitgedeel. Die behoefte is geweldig groot want in baie gevalle is daar geen huisvesting om behoorlike beskutting te verleen nie.

Projek kos-vir-Kersfees
Vanaf begin Oktober tot einde Desember word daar voedsel wat nie normaalweg in die kospakkies ingesluit word nie gekollekteer. Lekkernye en versnaperinge is welkom sodat die Kerskospakkies darem 'n bietjie meer feestelik daar uitsien.

Projek Vertel-vir-Iemand-Anders-van-Volkshulp 2000
Op hierdie manier word die werk van Volkshulp 2000 onder noodlydende mense doen, wyer gepropageer.

Bid-vir-ons is die belangrikste projek van Volkshulp.Daarsonder kan ons nie een tree verder gaan nie

Goedgesinde skenkers wat Volkshulp 2000 ondersteun:

Geldinsamelingsprojekte

Winkels Snuffels 1 ,2, 3 en 4
Ten einde die finansiele nood die hoof te kan bied word van die oortollige voorraad wat ons ontvang, verkoop. (Met die toestemming van die skenkers) Om dit te kan doen het ons vier winkels wat tweedehandse klere, meubels ens. verkoop.
Ons bedryf ook Saterdae 'n Witolifantstalletjie by die Boeremark by die Pioniersmuseum. Hier word allerhande snuisterye, ornamente, breekgoed, eetgerei, speelgoed ens. verkoop.
Met die fondse wat op hierdie manier verkry word, word voedsel aangekoop, rekeninge betaal en werksskeppingsprojekte gefinansier. Ook die personeel van Volkshulp 2000 kry 'n klein salaris om hulle te vergoed vir hulle dienste.

Hulpverleningsprojekte

Verblyf
By die volkshulpsentrum (tehuis vir senior burgers) in Jan Niemandpark word inwoners in vuf dubbel- en vier enkelkamers gehuisves. Tans is daar sowat 40 mense by die Volkshulpsentrum in Kleinfontein wat in enkelkamers, houthuise en n paar woonwaens gehuisves word.
'n Winkeltjie wat basiese produkte bevat en wat teen billike pryse aan inwoners beskikbaar gestel word, word by die volkshulptuiste bedryf. 'n Groot, moderne ablusieblok met meer as voldoende bad-, stort- en toitelgeriewe vir mans en dames afsonderlik, is in gebruik.
Een van die vereistes wat vir alle inwoners van die Volshulpsentrum geld is dat almal werksaam moet wees. Hulle word paslik in die omgewing in diens geplaas.

Volshulpsentrum
Die Volshulpsentrum is opgerig om selfversorgende bejaardes wat slegs 'n maatskaplike pensioen of toelaag ontvang, te versorg. Fondse om meer bejaardes in ons Volshulpsentrum te kan huisves word benodig. Daar word reeds beoog om die Volshulpsentrum uit te brei om ook veswakte bejaardes te versorg. Ook om jong volkseie dames op te lei as verpleegsters en versorgers.