Agtergrond

Die Volkshulphand word ook uitgereik na ander volksgerigte organisasies/ individue wat op die wyduiteenlopende welsynsveld beweeg of daarmee te make het. Voedsel, kospakkies, klerasie, komberse,  skoeisel en ander items/ benodigdhede waar behoeftes ervaar word, word op daaglikse basis aan enkelinge en gesinne voorsien.  Ons voorsien grootmaatvoedsel aan instansies waaronder outehuise, skole en dies meer.
Maatskaplike werkdienste word verleen waar nodig en waar moontlik.

Daar  word ±400 kospakkies per maand uitgedeel terwaarde van ± R 88 000.00. Klere, beddegoed, gordyne, ens. terwaarde van ±R 70 000.00 per maand uitgedeel.

Totale waarde van Hulpverlening is ongeveer R158 000.00 per maand.

Voedsel, klere, komberse, meubels, gordyne en allerlei items word van goedhartige volksgenote ontvang. Daar word streng kontrole gehou oor elke item wat ontvang en uitgedeel word.


Elke hulpsoeker het n kaart waarop elke item wat ontvang word aangeteken word. Hulpsoekers teken vir elke item wat ontvang is.


Die maatskaplike werkster doen ook huisbesoek om die gesin te evalueer en hulle behoeftes te bepaal.


Projekte

Projek brink-n-blikkie-of-n-pakkie

Volksgenote moedig hulle kinders, familie, vriende, verenigings, organisasies en kollegas aan om elkeen ten minste R10.00 se nie-bederfbare voedsel te koop en aan Volkshulp 2000 te skenk. Hierdie voedsel word dan aan hulpbehoewende volksgenote uitgedeel.

Projek warmslaap

Vanaf begin April tot einde Augustus word komberse, duvets, slaapsakke ens. gekollekteer en aan hulpbehoewende volksgenote uitgedeel. Die behoefte is geweldig groot want in baie gevalle is daar geen huisvesting om behoorlike beskutting te verleen nie.

Projek kos-vir-Kersfees

Vanaf begin Oktober tot einde Desember word daar voedsel wat nie normaalweg in die kospakkies ingesluit word nie gekollekteer. Lekkernye en versnaperinge is welkom sodat die Kerskospakkies darem ‘n bietjie meer feestelik daar uitsien.

Projek vertel-vir-iemand-anders-van-Volkshulp2000

Op hierdie manier word die werk van Volkshulp 2000 onder noodlydende mense doen, wyer gepropageer.

Bid-vir-ons is die belangrikste projek van Volkshulp

Daarsonder kan ons nie een tree verder gaan nie!!!

Goedgesinde donateurs wat Volkshulp 2000 ondersteun

. Boere uit Brits-omgewing
. Tama-meule
. Uitkyk vleismark
. Manie Nel se Tuisnywerhede
. Glen Fair Tuisnywerheid
. Corli Gebard
. Sam Scott
. Hannes Smith
. Mieliemeel van Wonderfontein
. En nog vele meer.

Geldinsamelings Projekte

Winkels Snuffels 1,2,3 en 4

Ten einde die finansiele nood die hoof te kan bied word van die oortollige voorraad wat ons ontvang, verkoop. (Met die toestemming van die donateurs) Om dit te kan doen het ons 4 winkels wat 2de handse klere, meubels ens. verkoop.

Ons bedryf ook Saterdae n Witolifantstalletjie by die Boeremark by die Pioniersmuseum. Hier word allerhande snuisterye, ornamente, breekgoed, eetgerei, speelgoed ens. verkoop.

Met die vondse wat op hierdie manier verkry word, word voedsel aangekoop, rekeninge betaal en werksskeppingsprojekte gefinansier. Ook die personeel van Volkshulp2000 kry n klein salaris om hulle te vergoed vir hulle dienste.

Hulpverleningsprojekte

Verblyf

By die volkshulpsentrum (tehuis vir senior burgers) in Jan Niemandpark word inwoners in 5 dubbel en 4 enkelkamers gehuisves.

Tans is daar sowat 40 mense by die Volkshulpsentrum te Kleinfontein wat in enkelkamers, houthuise en n paar woonwaens gehuisves word.

n Winkeltjie wat basiese produkte bevat en wat teen billike pryse aan inwoners beskikbaar gestel word, word by die volkshulptuiste bedryf. n Groot, moderne ablusieblok met meer as voldoende bad-, stort- en toitelgeriewe vir mans en dames afsonderlik, is in gebruik.

Een van die vereistes wat vir alle inwoners van die Volshulpsentrum geld is dat almal werksaam moet wees. Hulle word paslik in die omgewing in diens geplaas.

Volshulpsentrum

Die Volshulpsentrum is opgerig om selfversorgende bejaardes wat slegs n maatskaplike pensioen of toelaag ontvang, te versorg. Fondse om meer bejaardes in ons Volshulpsentrum te kan huisves word benodig. Daar word reeds beoog om die Volshulpsentrum uit te brei om ook veswakte bejaardes te versorg. Ook om jong volkseie dames op te lei as verpleegsters en versorgers.

 

2009 Volkshulp2000