Indiensplasing
Volkshulp 2000 se primere funksie is om werklose volksgenote weer indiens te plaas sodat hulle selfrespek kan herwin en hulle instaat gestel word om weer self aan hulle gesinne huisvesting en basiese voedsel te kan voorsien.
Volkshulp 2000 bied jaarliks ongeveer 1 500 werksgeleenthede aan. Dit is maar 'n druppel in die emmer mar dit help darem 'n klompie mense om weer 'n menswaardige bestaan te maak en huisvesting en voedsel aan hulle gesinne te voorsien.
Die werksgeleethede word deur goedgesinde volksgenote aangebied. Volkshulp 2000 versprei hierdie werksgeleethede landswyd deur middel van die lugtyd wat Radio Pretoria gratis vir ons toelaat.