Agtergrond

Die hoofkantoor in Steadlaan 246, Queenswood, Pretoria, is 'n bekende gesig vir ons ondersteuners en skenkers, maar meer nog: Dit is die bron van kos en klere vir talle hulp-behoewendes. Hoe groter die nood, hoe groter die genade! Dank Vader daarvoor. Die hoofkantoor se spasie is net te min om alles te hanteer en daarom word nou plan gemaak om eersdaags verspreidingspunte tussen die behoeftiges te he.

Volkshulp bestaan reeds vanaf 1991. Deur die genade het heelwat sederdien tot stand gekom in die 18 jaar wat intussen verloop het. Dit wat dieselfde gebly het is dat ons steeds daar is om volksgenote in nood te help.

Ons verbintenis met Radio Pretoria kom ook 'n ver pad. Ons hoofkantoor, sowel as Radio Pretoria , kry dikwels te doen met luisteraars wat onder die indruk is dat ons maar een en dieselfde is... Volkshulp2000 voel geeerd! Marie Groenewald is ons stem op die lug: elke Donderdag is sy die gasvrou in die radioateljee.

Sekerlik die belangrikste rede is die radikale gevolge van regstellende aksie. Dit veroorsaak dat volksgenote uiteindelik sonder werk, of woonplek op straat beland. Op hierdie stadium is daar sowat 660 000 blankes in Suid Afrika wat onder die broodlyn leef.

Daar sal nooit genoeg geld beskikbaar wees om die toenemende getal behoeftige persone en gesinne op deurlopende grondslag van kos en blypelk te voorsien nie. Nie eers van owerheidsweë nie. Die oplossing is dus die indiensstelling van persone sodat hulle self voedsel vir hul gesinne op die tafel kan plaas. Daarmee sal alle kerkgemeentes en gemeenskappe met deernis in die hart, hande moet vat en saam die armoedevraagstuk beveg.