Die
hoofkantoor te Steadlaan 246, Queenswood, Pretoria, is n bekende gesig
vir meeste van ons ondersteuners en skenkers, maar meer nog: Dit is die
bron van kos en klere vir talle hulp-behoewendes. Hoe groter die nood,
hoe groter die genade! Dank Vader daarvoor. Die hoofkantoor se spasie
is net te min om alles te hanteer en daarom word nou plan gemaak om
eersdaags verspreidingspunte tussen die behoeftiges te he.
Volkshulp
bestaan reeds vanaf 1991. Deur die genade het heelwat
sederdien tot stand gekom in die 18 jaar vat intussen verloop het. Dit
wat dieselfde gebly het is dat ons steeds daar is om volksgenote in
nood te help.
Ons
verbintenis
met Radio Pretoria kom ook n ver pad. Ons hoofkantoor,
sowel as Radio Pretoria , kry dikwels te doen met luisteraars wat onder
die indruk is dat ons maar een en dieselfde is... Volkshulp2000 voel
geeerd! Marie Groenewald is ons stem op die lug: elke Donderdag is sy
die gasvrou in die radioateljee. Die waarde van hierdie diens kan nie
in geld gemeet word nie.
|
 |

|